Voorverhit die oond tot 180 °C. Bespuit 2 middelslagbroodpanne.

  • Meng die heuning, olie en water.
  • Meng die volkoringmeel, sout en kitsgis. Voeg die sonneblom-, lyn- en papawersaad asook die rosyntjies by.
  • Roer die watermengsel by en meng goed.
  • Skep in die broodpanne, sprinkel ekstra saadjies oor die brood vir afronding en laat rys tot dubbel die grootte sodat die panne volgerys is. Bak 45-50 min. of tot gaar en tot ’n toetspen skoon uit die brode kom.