Voorverhit die oond tot 180 °C en bespuit ’n 18 cm-­koekpan en twee holtes in ’n groot kolwyntjiepan met kossproei.

  • Koek: Klits die botter of margarien tot romerig. Voeg die suiker geleidelik by en klits tot lig en romerig. Voeg die vanieljegeursel by.
  • Klits die eiers goed en klits dan geleidelik by die bottermengsel in. Klits goed tot glad. 
  • Sif die droë bestanddele saam en voeg by die botter­mengsel terwyl jy met die melk afwissel.
  • Verdeel die beslag tussen die bereide pan en twee holtes van die kolwyntjiepan. Bak die koek 35-40 min. en die kolwyntjies 12-15 min. Laat die koek en kolwyntjies 10 min. in die panne afkoel voor jy dit op ’n draadrak uitkeer om heeltemal af te koel. 
  • Versiersel: Maak die basiese versiersel en kleur dit met ’n paar druppels geel koskleursel ’n baie ligte geel. Smeer die versiersel oor die hele koek en die kolwyntjies.
  • Vir versiering: Pak die geel lekkers oor die hele koek buiten die wenkbroue, oë, neus en mond, waar die swart lekkers gebruik word. 
Basiese botterversiersel

Lewer genoeg om 1 standaardkoek mee te versier. 

Bestanddele

  125 g botter, versag
  250 g versiersuiker, gesif
  15-25 ml (3-5 t) melk
  5 ml (1 t) vanieljegeursel

Metode

Verroom die botter tot glad. Voeg die versiersuiker geleidelik by en klits tot die mengsel lig en donsig is.

Voeg ’n bietjie melk by om die mengsel ’n dik, smeerbare tekstuur te gee.

Klits die geursel in.