Voorverhit die oond tot 180 °C. Bespuit ’n bakplaat met kossproei.

  • Haal die worsvulsel uit die omhulsels en plaas in ’n mengbak.
  • Voeg die spinasie, sampioene en ment by, geur met die sout en peper en meng goed.
  • Rol die deeg oop en plaas op ’n oppervlak wat liggies met meel bestrooi is. Sny die deeg in die lengte middel­deur. Skep die helfte van die mengsel in ’n lang worsvorm van sowat 2 cm van die kant af en rol die deeg toe. Sny in derdes en pak op die bereide bakplaat. Herhaal met die oorblywende deeg.
  • Maak met ’n mes effense snye aan die bokant van elke rolletjie. Verf met die geklitse eier en bak 15-20 min. in die oond tot goudbruin. S