Voorverhit die oond tot 180 °C. Bespuit die holtes van ’n muffin­pan of papierbakkies goed met kossproei.

  • Klits die eiers, suiker, olie en asyn saam tot lig.
  • Sif die droë bestanddele en speserye by en vou in.
  • Voeg die res van die bestanddele by, voeg ’n bietjie melk by indien die mengsel nie klam genoeg is nie, en skep in die voorbereide holtes of papierbakkies.
  • Sprinkel sonneblompitte oor.
  • Bak sowat 35-38 min. of tot ’n toets­pen skoon uit die middel van die muffins kom.
  • Afronding: Meng die maaskaas met ’n bietjie heuning; smeer bo-op en in die middel van ’n deurgesnyde muffin. Rond af met aarbeie indien verkies.  S