Voorverhit die oond tot 160 °C. Voer ’n 23 cm- ronde losboomkoekpan met bakpapier uit en bespuit met kossproei.

  • Wortelkoek: Meng die wortel deur die klaar­bereide wortelkoekmengsel en giet in die koekpan.
  • Kaaskoek: Klits al die bestanddele saam tot glad. Giet die kaaskoekmengsel oor die wortelkoekmengsel en bak 1 uur of tot die kaaskoek gestol maar in die middel nog nie heeltemal geset is nie.
  • Verwyder uit die oond en laat heeltemal in die pan afkoel en tot die kaaskoek heeltemal gestol is.
Wenk
As jy nie wortelkoekmengsel in die hande kan kry nie, gebruik ’n vanieljekoekmengsel en voeg 5 ml (1 t) fyn kaneel, 5 ml (1 t) fyn gemmer, 2,5 ml (½ t) gemengde speserye en 250 ml (1 k) gerasperde wortel by die klaarbereide beslag.

Let wel
* Die boks- en pakgroottes van handelsname se kitsmengsels verskil; kies dus ’n mengsel wat omtrent dieselfde gewig as die aanbevole hoeveelheid het.

Kom neem deel aan die gesprek

Volg Huisgenoot op InstagramTwitterFacebookWhatsApp en teken gerus in op ons nuusbriewe.