STEAKHAPPIES

Sit ’n hand vol stewige peuselstokkies of vurkies by en laat die gaste hul steakrepies doop in die geurmengsel wat hulle verkies.

TAMATIEHOENDER-EMPANADAS MET BASILIE-OLIE

Dié mini-empanadas is ’n Spaanse weergawe van die allergunsteling-handpasteitjies en word voorgesit saam met ’n geu­rige basilieolie.

GARNALE-AAN-’N-STOKKIE  met souse

Ons maak dié deftige garnaalglasies en sit dit voor saam met ’n growwe chimichurri, lekker baie vars koljanderblare en ekstraromerige roomkaas. Vir ’n rokerige geur kan die garnale oor baie warm kole gebraai word.

KLEWERIGE SOJA-BLOMKOOLHAPPIES

’n Lipleklekker vegetariese opsie vir happieskos. Marineer die blomkool oornag om soveel moontlik geur aan die happies te gee.

SPANSPEK MET GEGEURDE SPEK

Ons geur die spek met speserye soortgelyk aan dié in chorizo om die spek ekstra skop te gee. Saam met die spanspek en vars basilie is dit ’n wenkombinasie.

BRUINTJIE-KOEKSTRUIF

GRENADELLATERTJIES

SJOKOLADE-ROOMKAASPOFFERTJIES

PRETZELLEKKERS

APPELVINGERS