1. Kersie-klapperkoekies

Klapperkoekies is altyd ’n wenner. Gebruik verskeie kleure glanskersies vir ’n feestelike affêre.

Foto: Jacques Stander

2. Sjokolade-vingerkoekies met lemoen en amandel

Hierdie koekies is die ideale geskenk vir die kosfoendi’s in die familie.

Foto: Jacques Stander

3. Brandewyn-vrugtetertjies

Bak hierdie tertjies pleks van maande se vooruitbeplande Kerskoeke. Dis goedkoper én verg minder moeite.

Foto: Jacques Stander

4. Gekleurdeglas-koekies

Hierdie koekies is tog te mooi! Gebruik dit as versierings op die Kerstafel of hang dit aan die Kersboom. (Of eet hulle, natuurlik.)

Foto: Jacques Stander

5. Laventel-Earl Grey-soentjies

Die geur van laventel en Earl Grey-tee maak hierdie koekies ekstra-spesiaal.

Foto: Jacques Stander