Elke gesin en familie vier Kersfees op hul eie manier. In ons huis is veral groot gewag gemaak van Oukersaand. Van vroegdag af is geskarrel om die laaste presente toe te draai, die Kersboom te versier, die tafel mooi te dek en die eetgoed gereed te kry vir die groot aand. 

Daar was altyd ietsie vooraf te peusel saam met ’n goed verkoelde witwyntjie wat ons by die Kersboom gedrink het. Wanneer die opwinding van presente oopmaak verby was, het ons tafel toe verkas, waar ’n ware feesmaal gewag het.

Die meeste kere is die poeding eers lank ná middernag geëet. 

Koue aarbeisop


Aartappelslaai met suurlemoen en roket

’n Vars briesie in die aartappelslaai-kategorie.


Romerige hoender-pastei


Gestopte varknek met mosterdsous


Meringue-laagkoek


Peppermint Crisp-glasies

Oudag se Peppermint Crisp-tert word happiegroot in glasies voor­gesit.