Die aanloop tot jou Kersete met baie meer gaste as gewoonlik kan ’n uitmergelende tyd wees.

Ons het ­egter vir jou ’n plan uitgewerk wat die reusetaak in kleiner en hanteerbaarder stappe verdeel.

Die spyskaart waarop ons besluit het, sal sorg dat jou Kersfees so onvergeetlik en moeitevry moontlik is sodat jy kan vrolik wees en die feestelikhede geniet. Volg net die maklike stappe in die dae vooraf. 

Maak eers die yskas skoon, want jy sal die ruimte nodig hê.

KERSETE-SPYSKAART

Drankie:

Bessiepons 

Voorgereg:

Forel-en-komkommerterrien

Hoofgereg:

Beestong met tiemiemosterdsous

Rysslaai

Feesbraaihoender op drie maniere

Geroosterde somergroente

Vark-en-groenpeperkorrelpastei

Quinoa-en-lensieslaai met nektariens 

Nageregte:

Kers-kaneelrolletjies

Gemmerbrood-roomys-toebroodjies

TIK DIE TAKE AF OP DIE BEREIDINGSLYSIE 

DAG EEN (Vrydag):

Berei die vark-en-groenpeperkorrelpastei en vries.

VARK-EN-GROENPEPERKORRELPASTEI

kersfees kos
Foto: Misha Jordaan

DAG TWEE (Saterdag):

Kook die beestong(e), trek die vel af, sny in skywe en verkoel.

Berei die mosterdsous vir die tong, hou eenkant en verkoel.

Berei die roomys vir die gemmerbroodroomystoebroodjies.

Bak die gemmerkoek vir die gemmerbroodroomystoebroodjies.

BEESTONG MET TIEMIEMOSTERD­SOUS

kersfees kos
Foto: Misha Jordaan

GEMMERBROOD-ROOMYS-TOEBROODJIES

gemmerkoekies
Foto: Misha Jordaan

DAG DRIE (Sondag):

Berei die rysslaai en hou in die yskas.

Berei die forel-en-komkommerterrien en hou in die yskas. (Moet nog nie uit die koekpan haal nie.)

Bak die sjokoladekaneelrolletjies, laat heeltemal afkoel en draai toe.

RYSSLAAI

kersfees
Foto: Misha Jordaan

FOREL-EN-KOMKOMMERTERRIEN

Foto: Misha Jordaan

DAG VIER (Maandag):

Berei die vryfmengsels vir die hoenders en hou in aparte bakke in die yskas.

Berei die quinoa-en-lensieslaai en verkoel. (Voeg net die perskes voor middagete by.) Bak die bruschetta.

Berei die gebraaide somergroente, maar moet dit nie bak nie – draai toe en hou in die yskas. Haal die pastei(e) uit die vrieskas en ontvries oornag in die yskas. 

Versier die sjokolade-kaneelrolletjies.

QUINOA-EN-LENSIESLAAI MET NEKTARIENS

kersfees kos
Foto: Misha Jordaan

KERS-KANEELROLLETJIES

kaneelrolletjies
Foto: Misha Jordaan

KERSOGGEND  (Dinsdag): 

Vryf die hoenders met die vryfmengsels, berei soos in die resep uiteengesit en bak in die oond.

Rooster die somer­groente. Bak die pastei(e). Maak die pons.

Doen die finale afronding aan al die geregte en sit voor.

BESSIEPONS

kersfees kos
Foto: Misha Jordaan

FEESBRAAI-HOENDER OP DRIE MANIERE BEREI

kersfees kos
Foto: Misha Jordaan

GEROOSTERDE ­SOMERGROENTE

kersfees kos
Foto: Misha Jordaan