1. REËNBOOGPEPER-LAMSTJOPS MET OOR-DIE-BRAAI-RATATOUILLE

Swartpeper word nie net gebruik om ’n gereg skerper te maak nie; dit dra ook by tot ’n algehele warm geur. As dit met die effens vrugtiger geur van pienkpeperkorrels gepaardgaan, is dit heerlik oor lamstjoppies.

Foto: Gallo Images/Misha Jordaan
Foto: Gallo Images/Misha Jordaan

2. KERRIELAMSTJOPS MET DHANJA-STYWEPAP EN ATJAR

Marineer die tjops ’n dag of twee voor die tyd vir ’n vingerlek­lekker braai.

Foto: Gallo Images/Misha Jordaan
Foto: Gallo Images/Misha Jordaan

3. BBQ-VARKNEKTJOPS MET UIE-BIERBROOD

Ontbeende of selfs varknektjops met die been kan gebruik word vir hierdie resep. Hierdie marinade verseker dat die tjops lekker sag en sappig bly.

Foto: Gallo Images/Misha Jordaan
Foto: Gallo Images/Misha Jordaan

4. SUURLEMOEN-LAMSTJOPS MET FETA-EN-ROKET-PESTO EN APPELSLAAI

Lendetjops, ribtjops, boudtjops of selfs bladtjops is ideaal vir hierdie resep. Ons vul die geur van hierdie tjops eenvoudig aan met suurlemoen en seesout en sit dit voor saam met romerige feta-en-­roketpesto.

Foto: Gallo Images/Misha Jordaan
Foto: Gallo Images/Misha Jordaan

5. LAMLOLLIES MET GESKROEIDE ­PLATBRODE EN ­SALSA VERDE

Lamsvleis gaan goed gepaard met die pikante geure van jogurt en suurlemoen. Ons marineer die vleis in jogurt en sit dit voor saam met sagte kitsplatbrode wat ons sommer oor die kole gaarmaak.

Foto: Gallo Images/Misha Jordaan
Foto: Gallo Images/Misha Jordaan

6. MAROKKAANSE LAMSTJOPS MET LENSIES

Ons gebruik lamsaaltjops vir hierdie resep en sit dit voor saam met ’n heilsame lensieslaai.

Foto: Gallo Images/Misha Jordaan
Foto: Gallo Images/Misha Jordaan

7. RISSIELAMSTJOPS MET CHAKALAKA-BOONTJIES

Lamsboudtjops is heerlik sag. Ons gee die tjops ekstra skop met ’n brandrissie-speserymengsel en sit dit voor saam met “gooi saam”-boontjies en romerige suurlemoenjogurt.

Foto: Gallo Images/Misha Jordaan
Foto: Gallo Images/Misha Jordaan

8. VARKLENDETJOPS MET ROMERIGE KNOFFELKAPOKAARTAPPELS EN GEBRAAIDE APPELS

Die swoerd aan varklendetjops raak dikwels taai as dit oor die kole gebraai word. Ons sny die swoerd af en rooster dit tot bros in die oond en braai die tjops met ’n mosterdsmeersel oor kole.

Foto: Gallo Images/Misha Jordaan
Foto: Gallo Images/Misha Jordaan