1. AARBEIE IN MALVASTROOP

Pluk ’n kooksel groente en kruie uit die tuin en maak heilsame vars kosse propvol geur en kleur. Wees op die uitkyk na eetbare blomme waarmee jy jou geregte kan optower – van laventel tot kappertjies, malvas, gesiggies, surings en ­salie lyk alte fraai op ’n bord.

Foto: Jacques Stander


2. TUINSLAAI MET SURINGSLAAISOUS

Met die koms van die lente word tuine ge­seën met polle surings – pragtig met hul heldergeel blommetjies. Moet dit nie as onkruid beskou nie; dit maak ’n heerlike slaaisous en is tradisioneel gebruik om aan waterblommetjies surigheid te verskaf. 

Foto: Jacques Stander


3. OONDGEBAKTE RATATOUILLE MET PESTO-KOESKOES

'n Kleurryke bak groente net reg vir ’n gesellige kuier om die langtafel. Sommer ook die ideale hoofgereg vir vegetariërs.

Foto: Jacques Stander


4. GROENTEKOEK  

'n Pronkstuk wat die mense sal laat praat.

Foto: Jacques Stander


5. LAVENTELMERINGUES

Laventel gee ’n heerlike parfuumgeur aan die sagte malvalekkermeringues.

Foto: Jacques Stander