1. Murgpampoentjies in ’n saadjiekrummel
Die murgpampoentjies bly bros in die middel en die saadjies bied ekstra geur en heilsaamheid.
2. Gemarineerde murgpampoentjieslaai
Hierdie slaai is heerlik saam met braaivleis. Hoe langer die slaai in die yskas marineer, hoe lekkerder!
3. Murgpampoentjievetkoeke
Die murgpampoentjies gee die vetkoeke ’n ligte tekstuur. Maak klein vetkoekies en sit dit voor saam met gegeurde roomkaas as ’n happie.
4. Murgpampoentjie-en-mieliepoffertjies
Hierdie poffertjies is ideaal as ’n peuselhappie of saam met vars murgpampoentjienoedels.
5. Groentegebak
Hierdie gebak is ideaal as ’n vegetariese maaltyd of selfs as bykos.
Teken in en kry onbeperkte toegang tot 11 Afrikaanse tydskrifte en 35 koerante. Alles op een plek.
KIES JOU PAKKET