1. GEURIGE SAMPIOEN-STROGANOFF

Ons ­verduidelik jou hoe om sampioene ten volle te
Foto: Misha Jordaan

Heel, grofgekap of in skyfies gesny – knopiesampioene is die veelsydigste van al die sampioene. Ons gebruik dit in ’n rome­rige stroganoff gegeur met mosterd, witpeper en paprika.

2. OOSTERSE SAMPIOENROERBRAAI 

Ons ­verduidelik jou hoe om sampioene ten volle te
Foto: Misha Jordaan

Moenie toelaat dat dié sam­pioene se naam jou afskrik nie. Shimeji-sampioene is perfek vir Oosterse geregte en ’n goeie plaasvervanger vir hoender of vark in ’n roerbraai.

3. SMELTBROODJIES MET SAMPIOENSTEAK

Ons ­verduidelik jou hoe om sampioene ten volle te
Foto: Misha Jordaan

Sampioensteaks het ’n soortgelyke geur as beesvleis – reg gaar­gemaak, sal selfs die grootste vleiseter met hierdie trooskos tevrede wees. Ons maak dit in die oond gaar, maar vir ’n rokeriger geur kan dit ook oor die kole gebraai word.

4. HOENDER MET ’N SAMPIOENKORS

Ons ­verduidelik jou hoe om sampioene ten volle te
Foto: Misha Jordaan

Shiitakesampioene het ’n sterker geur as bruinsampioene. Wanneer dit gaar en bruingebraai is, proe dit effens soos ansjovis, wat ’n uitstekende geurmiddel is vir hoender, vleis, roerbraai en souse.

5. GEURIGE SAMPIOENBILTONGRAMEN

Ons ­verduidelik jou hoe om sampioene ten volle te
Foto: Misha Jordaan

Gedroogde sampioene is propvol geur en is ’n heerlike plaas­vervanger vir hoender of beesvleis in ’n aftreksel. Deesdae kry jy van gedroogde wilde sampioene tot sam­pioenbiltong in supermarkte.

6. PORTOBELLINI-EN-BEENMURG-PASTEIE

Ons ­verduidelik jou hoe om sampioene ten volle te
Foto: Misha Jordaan

Portobellini-sampioene is geuriger as knopiesampioene, maar nie so sterk soos shiitake-sampioene nie. Dit kan in feitlik enige gereg gebruik word en is veral lekker in stowes of vulsel soos dié. Murgbene is ’n sakpas opsie om die pastei se geur aan te vul.

7. BOEREWORS­GESTOPTE SAMPIOENGEBAK

Ons ­verduidelik jou hoe om sampioene ten volle te
Foto: Misha Jordaan

Bruinsampioene is veelsydig en volop beskikbaar in die meeste supermarkte. Die sampioene kan gebak, gebraai of selfs pangebraai word. Pleks van tradisionele gevulde knoffelsampioene vul ons dié sam­pioene met boerewors. Dit kan as ’n maaltyd of peuselhappie voorgesit word.

8. ROMERIGE SAMPIOEN-MIELIE­RYS MET BASILIE EN PEKANNEUTE

Ons ­verduidelik jou hoe om sampioene ten volle te
Foto: Misha Jordaan

Ons gebruik ’n eksotiese sampioenkombinasie in dié spoggereg! Dié spesiale mengsel bestaan meestal uit shiitake-, oester- en shimeji- sampioene. Saam met spotgoedkoop romerige mielierys is dié gereg ’n heilsame maaltyd of bykos.