Voorverhit die oond tot 180 °C.

  • Sny die aartappels en uie in baie dun skywe met ’n mandolien of ’n vlym­skerp mes. Plaas die aartappelskywe in ’n bak koue water om die ekstra stysel te verwyder. Laat week 3 min. Dreineer en hou eenkant.
  • Smeer ’n groot oondvaste bak met die botter en bedek die bodem met die aartappel- en uie­skywe. Giet 150-200 ml van die room oor, sprinkel die knoffel, mosterd­sade, roosmaryn, sout en peper en ansjovis oor. Pak dan ’n tweede laag aartappels en uie en herhaal met die room, knoffel, kruie, geurmiddels en ansjovis. Herhaal die proses tot die bak vol is. Rond af deur die laaste bietjie room oor te giet en die oorblywende roosmaryn en mosterd­sade saam met die parmesaan oor te strooi.
  • Bak die gratin 40 min. by 180 °C. Verhoog dan die temperatuur na 220 °C en bak nog 20 min. Die gereg is gereed wanneer die boonste laag mooi goudbruin en bros is en begin borrel.