• Sny die harde punte van die aspersies af en plaas die aspersies in ’n bak. Bedek dit met kookwater 
    en laat staan 10 min. Dreineer en laat afkoel.
  • Drup die olyfolie oor die aspersies en geur met die sout en vars gemaalde peper na smaak.
  • Maak ’n bondeltjie met ’n paar van die aspersies en draai ’n vel ham om. Herhaal met die res van die aspersies en ham.
  • Doopsous: Meng alles goed en geur met die sout en vars gemaalde peper na smaak.
  • Vir voorsit: Sit die aspersies voor saam met die doopsous en ekstra vars kruie indien verkies.

Wenk: Groenboontjies kan gebruik word pleks van die aspersies, en gebraaide spek pleks van die ham.

Stilering: Carmen Niehaus.