• Plaas die eiers in ’n kas­trol en bedek met water. Plaas op ’n stoofplaat en verhit tot die water begin kook. Roer aanhoudend met ’n lepel in een rigting sodat die water begin dwarrel. Kook die eiers 1 min. in die dwarrelende water; roer voortdurend.
  • Haal die eiers ná die minuut dadelik uit die water en dompel in yswater. Laat staan 10 min. sodat dit heeltemal afkoel.
  • Tartare: Skil en ontpit intussen die avokado’s en sny in blokkies. Sit die avokado’s, rissies, knoffel, lemmetjiesap en koljanderblare in ’n mengbak. Meng liggies.
  • Bedruip met olie, geur met sout na smaak en meng weer liggies.
  • Vir voorsit: Kraak die eiers en dop dit baie versigtig af – dit sal nog baie sag wees.
  • Sit 2 ronde metaalvorms op 2 borde en skep die avokado daarin. Druk liggies platter en haal die vorms versigtig af. Die tartare kan ook net so in hopies pleks van in vorms geskep word.
  • Sit die eiers versigtig bo-op en sit net so voor of saam met roosterbrood of beskuitjies.

WENK: Die tartare kan met of sonder die eiers voorgesit word as ’n peuselhappie saam met tortillatjips of beskuit­jies.