Voorverhit die oond tot 200 °C en bespuit ’n oondbak met kossproei.

  • Skil die bete en sny dit in skywe.
  • Verhit die olie in ’n pan en braai die preie tot sag. Voeg die knoffel by en roerbraai nog 1 min.
  • Versprei die helfte van die preiemengsel onder in die oondbak. Pak ’n laag beet bo-op. Versprei die res van die preiemengsel bo-oor en rond af met die res van die beet. Geur met die sout en vars gemaalde peper.
  • Giet die room oor en sprinkel die kaas oor. Bedek met tinfoelie en bak 20 min. Haal die tinfoelie af en bak nog 15 min.
  • Krummel: Plaas intussen al die bestanddele buiten die pietersielie in ’n pan. Roerbraai tot die krummels goudbruin is.
  • Meng die pietersielie deur die krummels en sprinkel ruimskoots oor die beet. Sit net so voor of as bykos.

Dié beetgebak is die volmaakte winterbykos vir ’n braai.