Hou ’n bakplaat byderhand.

  • Sny die blomkool in dik skywe of steaks.
  • Meng die meel, sout, peper en rooipeper goed. Klits die eiers en melk saam in ’n ander bakkie.
  • Doop die blomkoolsteaks in die eiermengsel, dan in die meelmengsel, weer in die eier en rol dan in die broodkrummels. Pak op ’n bord en verkoel minstens 30 min.
  • Sit die roosterelement van die oond aan. Verhit genoeg olie in ’n diep pan vir vlakbraai. Braai die steaks in sarsies tot goudbruin en gaar. Dreineer op kombuispapier en pak op die bakplaat.
  • Pak die spek op en sprinkel die kaas oor. Rooster in die oond tot die kaas gesmelt is.