Voorverhit die oond tot 180 °C. Voer 'n bakplaat met bakpapier uit.

  • Uie: Verhit die olie en botter en braai die uie oor lae hitte tot sag en glaserig. Voeg die res van die bestanddele by en roerbraai tot gekaramelliseer. Geur met die sout.
  • Pastei: Rol die deeg liggies op 'n meelbestrooide oppervlak uit. Smeer die mosterd oor die deeg en versprei die uiemengsel bo-op. Geur met die sout en peper.
  • Sny die harde deel van die blomkoolsteel uit (sonder om die blomkool op te breek). Spoel die blomkool goed af, klad droog en sprinkel die meel oor.
  • Sit die blomkool met die boompies wat na onder wys op die deeg neer. Vou die deeg styf om die blomkool en knyp toe. Plaas die pastei met die toegeknypte kant na onder op die bakplaat.
  • Verf die pastei met die eier en sprinkel die saadjies oor, indien gebruik. Bak 40-45 min. of tot die blomkool sag is.
  • Groensous: Pols alles saam fyn in 'n voedsel­verwerker. Geur met sout en peper en sit voor saam met die pastei.
Wenk
Jy kan die groensous nog romiger maak as jy die olyfolie met roomkaas of gladde maaskaas vervang.