• Kerrie: Verhit die olyf­olie, kaneelstokke, komynsaad en kerrieblare in ’n braaipan en braai die ui tot sag.
  • Voeg die kerriepoeier, sout, gesnyde aartappels en water by.
  • Laat kook 10 min. of tot die aartappels halfgaar is. Voeg dan die botterbone by en meng deur.
  • Laat nog 10 min. kook tot die aartappels sag is.
  • Afronding: Rond die kerrie af met die koljander.
  • Wortelslaai: Plaas al die bestanddele in ’n bak en meng goed. Sit voor saam met die kerrie.