• Plaas die botterskorsie in ’n groot kastrol en giet die aftreksel oor. Voeg nog kookwater by tot die botterskorsie heeltemal bedek is. Bring tot kookpunt en kook die botterskorsie sag.
  • Voeg die appel by en laat nog 5 min. prut.
  • Haal die sop van die stoof af en pols met ’n staafmenger fyn. 
  • Plaas die sop terug op die stoof oor lae hitte en voeg die masala en room by. Meng goed deur en geur met die sout na smaak. Haal van die stoof af en hou eenkant.
  • Vir afronding: Skep die sop in bakkies, sprinkel die kasjoeneute en ba­silie bo-oor en sit voor.

Wenk: Enige ander pampoen pleks van botter­skorsie kan gebruik word. Patat sal ook heerlik – en ekstra ­vullend – wees.