Voorverhit die oond tot 180 °C. 

  • Sit die patats op ’n bakplaat en bak 45 min. in die oond of tot die patats sag is.\
  • Haal die patats uit en sny in die lengte in die helfte deur – wees versigtig; dit sal nog baie warm wees.
  • Skep van die vleis van die patats uit sodat dit ’n bakkie vorm. Hou die vleis van die patats vir ­latere gebruik. Pak die patats weer op die bakplaat.
  • Sit die ham in die holte van die patats en pak die ui bo-op. 
  • Breek die eiers versigtig bo-op die ham. Maak met ’n tandestokkie ’n gaatjie in die middel van elke ­eiergeel. Bak 10-15 min. of tot die eiers gaar is soos verkies.
  • Vir afronding: Rond die bootjies af met stingel­uie; geur met sout en peper.