Voorverhit die oond tot 190 °C. Bespuit 4 oondbakkies of 1 middelslag­oond­bak met kossproei.

  • Bobotie: Verhit die olie in ’n diep pan en braai die uie tot sag. Voeg die eiervrug by en roerbraai 10 min. Voeg die knoffel en gemmer by en roerbraai tot geurig.
  • Roer die kerriepoeier, blatjang, chakalaka en lensies by, meng goed en laat prut 5 min. Geur met die sout en peper na smaak. Skep die mengsel in die bereide oondbak of -bakkies.
  • Eiervla: Klits al die bestanddele goed saam en giet oor die bobotiemengsel.
  • Bak die bobotie 25-30 min. of tot die eiervla gestol het. Sit warm voor.