Voorverhit die oond tot 190 ºC. Smeer ’n oondvaste bak of pan.

  • Laat die eiervrugte sowat 30 min. in ’n vergiettes staan. Spoel dit goed af en pak dit in ’n enkellaag op ’n bakplaat uit. Sprinkel die olyfolie bo-oor en bak tot sag.
  • Meng die rosyntjies by die tamatiesous in en giet ’n laag tamatiesous onderin die bereide pan.
  • Pak ’n laag eiervrug bo-op, giet nog ’n laag sous oor gevolg deur ’n laag murgpampoentjies en nog ’n laag tamatiesous. Pak dan ’n laag groen­bone, ’n laag sous en ’n laag kaas.
  • Sprinkel die keker­ertjies oor elke tamatielaag. Herhaal die lae. Eindig met ’n laag kaas.
  • Bak sowat 25-30 min. of tot die kaas gesmelt en die gereg goudbruin is. Sit voor saam met slaai as ’n ligte maaltyd of as bykos.