• Verhit die olie in ’n groot kastrol en braai die ui tot geurig. Voeg die preie by en roerbraai tot sag. Voeg ’n derde van die spek by en roerbraai 5 min. (Hou die res van die spek eenkant tot benodig.)
  • Giet die aftreksel oor en bring tot kookpunt.
  • Dreineer die ertjies en voeg dit by die sop. Voeg nog kookwater by sodat die ertjies heeltemal bedek is. Laat die mengsel ongeveer 35-40 min. kook of tot die ertjies sag is. Roer af en toe en voeg nog ­water by namate jy dit benodig.
  • Haal die sop van die stoof af en pols met ’n staafmenger fyn. Indien verkies, kan jy die sop net so grof hou. Geur met die sout en vars gemaalde peper na smaak.
  • Vir afronding: Giet kookwater oor die ertjies en laat eenkant staan tot benodig.
  • Verhit die olie in ’n pan en braai die spek wat eenkant gehou is tot bros. Voeg die knoffel, speserye en kruie by en roerbraai tot geurig.
  • Skep die sop in bakkies. Dreineer die ertjies en sprinkel dit bo-oor die sop. Skep van die spekmengsel bo-op en geur met nog vars gemaalde peper, indien verkies.