• Falafelmengsel: Dreineer die kekerertjies en spoel af tot die water skoon is. Meng die kekerertjies, ui, knoffel, kruie en speserye, bakpoeier, geurmiddels en eier goed. Kap in sarsies grof in ’n voedselverwerker of met ’n staafmenger tot die mengsel meestal groen is en begin saamkleef.
  • Vorm eetlepels van die falafelmengsel in ’n ovaalvorm. Pak dit op ’n skinkbord wat met bakpapier uitgevoer is en verkoel 1 uur in die yskas.
  • Tahini-jogurt: Maak intussen tahini-jogurt deur al die bestanddele te meng.
  • Bedek elke falafel met meel en skud oortollige meel af.
  • Braai in sarsies in verhitte vlak olie sowat 3 min. weerskante. Dreineer.
  • Vir voorsit: Plaas die falafels in die tortillas, bedek met tahini-jogurt, garneer met edamame-­bone of boontjiespruite en/of mentblare indien verkies, en sit voor saam met die suurlemoenwiggies.