Voorverhit die oond tot 180 °C. Bespuit 'n ronde 25 cm-losboomkoekpan goed met kossproei.

  • Vulsel: Verhit die olie in 'n groot pan en roerbraai die ui en knoffel tot sag. Voeg die speserye, boontjies en patatblokkies by en meng deur. Geur met die sout en peper na smaak.
  • Meng die vars kruie deur en hou eenkant.
  • Filorol: Verf een vel van die filodeeg liggies met die botter. Plaas nog 'n vel filo bo-op. Skep die helfte van die vulsel oor die lengte van die rol. Rol die vulsel styf in die filo op. Herhaal met die res van die deeg en vulsel.
  • Draai die een filorol in die ronde (soos 'n slangetjie) in die koekpan. Las die tweede rol aan en draai nog tot die koekpan vol is.
  • Verf nog 'n bietjie botter bo-oor. Sprinkel die saadjies oor, indien gebruik, en bak 35-40 min. of tot die deeg goudbruin en bros is.
Kom neem deel aan die gesprek

Volg Huisgenoot op InstagramTwitterFacebookWhatsApp en teken gerus in op ons nuusbriewe.