20 min.
4
40 min.
Bestanddele
- 1 kg baba-aartappels
- sout
- 4-6 knoffelhuisies, fyngedruk
- 80 ml olyfolie
- 2 suurlemoene se skil en die sap van 1
- 60 ml (¼ k) gekapte vars pietersielie
- ekstra olyfolie
- seesoutvlokkies
- AFRONDING
- roketblare en/of ertjieranke of platblaarpietersielietakkies
Metode

- Kook die aartappels in soutwater tot net sag genoeg dat jy hulle kan stukkend kneus.
- Pak op ’n bakplaat.
- Meng die knoffelhuisies met olyfolie en giet oor die aartappels. Meng deur. Oondbraai tot bros, sowat 20 min.
- Rasper die skil van die suurlemoene oor en druk die sap van 1 suurlemoen hieroor uit. Sprinkel die pietersielie oor.
- Giet nog olyfolie oor indien verkies en sprinkel seesoutvlokkies oor.
- Afronding: Rond af met die roketblare, ertjieranke of pietersielietakkies.
Ons wil graag hê jy moet langer kuier.
Teken in en kry onbeperkte toegang tot 11 Afrikaanse tydskrifte en 35 koerante. Alles op een plek.
KIES JOU PAKKET