• Pesto: Sprinkel sout oor die pampoensade en rooster in ’n droë pan tot geskroei.
  • Plaas die koljander en knoffel in ’n voedselverwerker, voeg die pampoensade en kaas by en kap growwerig fyn.
  • Giet die olyfolie en suurlemoensap en -skil deur die tuit by. (Dit moenie heeltemal glad verwerk word nie; die growwerigheid is die lekkerte).
  • Marinade: Meng al die bestanddele vir die marinade.
  • Blomkool: Pak die blomkool in ’n bak en giet die marinade oor. Laat staan 2 uur of oornag.
  • Blomkoolpuree: Plaas die blomkoolstukke in ’n kastrol en giet die melk en room oor. Geur met sout en peper. Kook tot lekker sag.
  • Puree met ’n staafmenger tot glad.
  • Verhit die oond tot 200 °C. Plaas die blomkool op ’n bakplaat en giet olyfolie oor. Oond­braai tot die blomkool verbruin het maar net-net sag is, sowat 40 min.
  • Vir voorsit: Skep die blomkoolpuree op ’n bord. Plaas die blomkool bo-op en skep van die pesto oor.