Voorverhit die oond tot 220 °C. Smeer ’n braaipan of diep oondskottel. 

  • Meng die korente en asyn in ’n klein bak en hou eenkant tot nodig.
  • Plaas die heel blomkoolkop en olywe in die braaipan en besprinkel met die paprika, komyn, sout en peper. Bedruip die blomkool oraloor met 45 ml (3 e) olyfolie.
  • Oondbraai 45 min., sit dan die deksel op en bak nog 45 min. of tot die blomkool sag is.
  • Dreineer die korente.
  • Sous: Klits al die bestanddele buiten die pietersielie  in ’n bak tot glad. Voeg 30 ml (2 e) water een eetlepel op ’n slag by tot dit die tekstuur van verdikte room het. Roer 45 ml (3 e) pietersielie deur.
  • Smeer die sous oor ’n opdienbord en plaas die blomkool bo-op.
  • Bedek die blomkool met korente, gebakte olywe en oorblywende pietersielieblare. Bedruip met die res van die olyfolie (1 e) en sit voor saam met ’n skerp mes vir sny.