Voorverhit die oond tot 190 °C.

  • Meng die knoffel, gemmer en speserye met genoeg olie om 'n loperige pasta te maak.
  • Pak al die groente in 'n oondvaste bak en giet die speserypasta oor. Meng goed deur.
  • Bak 30-40 min. tot gaar maar nie saggekook nie. Sprinkel die koljanderblare oor.
  • Vir voorsit: Kook die rys en sout in 750 ml (3 k) water tot net sag. Dreineer. Roer die botter deur. Voeg die lensies en koljanderblare by en meng goed. Skep die groente bo-op en rond af met ekstra koljanderblare. Sit voor saam met die jogurt.
Kom neem deel aan die gesprek
Volg Huisgenoot op InstagramTwitterFacebookWhatsApp en teken gerus in op ons nuusbriewe.