Voorverhit die oond tot 220 °C.

  • Verwyder die pampoenpitte en plaas die stukke pampoen op die bakplaat. Pak die pitte langsaan. Geur met die sout, peper en kaneel en sprinkel die olyfolie oor. Bak tot die pampoen net sag en gaar is en die pitte uitgepof, sowat 30 min.
  • Vulsel Braai die ui en soetrissies in die olyfolie tot sag; roer die kruie, pitte, sultanas, komyn en suur­lemoenskil by.
  • Voeg die soet­rissiemengsel by die gaar quinoa of sorghum.
  • Skep in elk van die gebakte pampoen­skywe. 
  • Bolaag: Meng al die bolaagbestanddele goed; skep versigtig in oor die vulsel. Bak sowat 20-30 min. of tot die bolaag gestol het en gaar is. 
  • Afronding: Garneer met mikrokruie en die verwyderde pampoen­pitte.