Voorverhit die oond tot 180 °C. 

  • Skrop die patats skoon en vryf met die olyfolie of botter in. Sprinkel die sout oor. Bak 40 min. of tot die patats sag is. Die baktyd sal van die grootte van die patats afhang.
  • Uie: Verhit die olie en braai die piekeluie liggies.
  • Voeg die wyn, aftreksel, lourierblare, peper en tiemie by. Laat prut tot die sous met die helfte afgekook is. Voeg die suiker en rosyntjies of bessies by. Laat kook tot die sous lekker stroperig is. Meng die botter deur.
  • Laat kook die uie vir 20 min. 
  • Vir voorsit: Meng die ment en jogurt goed. Sny ’n kruis in elke patat en druk effens oop. Skep van die uie op elke patat en sit voor saam met die mentjogurt.