Voorverhit die oond tot 190 °C.

Vryf die heel patats in met olie, plaas op ’n bakplaat en bak tot sag en gaar, sowat 20-30 min., na gelang van die grootte van die ­patats.

Maak ’n snit in elke gaar patat en skep die meeste van die patatvleis uit, maar moenie dat die skilletjie breek nie.

Voeg die lemoensap, botter, heuning en komyn by die patatvleis en meng goed.

Meng die lensies en neute (indien gebruik) deur. Skep die mengsel ­terug in die patatskille en verhit net weer in die oond tot lekker warm, sowat 15 min.

Uie

Berei die uie terwyl die patats in die oond bak. Verhit die olie en braai die piekeluie effe daarin.

Voeg die wyn, aftreksel, lourierblare, peperkorrels en tiemietakkies by en laat prut tot die helfte van die sous afgekook is. Voeg die suiker en rosyntjies of bessies by en kook tot die sous lekker stroperig is. Meng die botter deur.

Plaas die patatbeursies op ’n dienbord en skep van die uie-en-rooiwynsous oor.