Voorverhit die oond tot 200 ºC.

  • Tamatieblatjang: Verhit die olie tot warm en voeg die swartuiesaad, lourierblaar en brand­rissies by. Voeg die tamaties by en laat prut 10 min. of tot sag.
  • Voeg die brandrissiepoeier, suiker, rosyne en asyn by en verhit nog 15 min. of tot die meeste vloeistof afgekook en die blatjang ’n mooi glans het. Skep in ’n bottel en hou eenkant.
  • Tert: Verhit die olie en braai die uie 20 min. liggies of tot mooi goudbruin. Giet die oorblywende olie af en hou eenkant.
  • Rol die deeg (ons het skilferkors gebruik) 7 mm dik uit en voer ’n 18 cm-losboomtertpan daarmee uit. Andersins kan jy kleiner tertjies maak deur sirkels van 10 mm dik uit te druk.
  • Voer die tertkors met bakpapier uit en vul met rys of droë bone. Bak 8-12 min. of tot die kors gaar maar nie bruin­gebak is nie.
  • Meng intussen die kase en eiergeel.
  • Verwyder die bakpapier en rys of bone uit die gebakte korse en skep die uie, kaasmengsel en spinasie in. Bak nog 10-12 min. of tot die kaas gesmelt en die kors goudbruin is.
  • Sit voor saam met die tamatieblatjang.