Geroosterde mielies in die Cajun-styl

akkreditasie
Om mielies te rooster verseël die geur en die Cajun-spesery dra tot die watertand-ervaring by.

Genoeg vir 6 mense

Bereiding: 10 min.

Gaarmaak: 20 min.

6 mielies

60 ml (¼ k) botter, gesmelt

CAJUN-SPESERY

5 ml (1 t) sout

10 ml (2 t) knoffelpoeier

12,5 ml (2½ t) paprika

5 ml (1 t) fyn swartpeper

5 ml (1 t) uiepoeier

5 ml (1 t) rooipeper

7,5 ml (1½ t) droë oreganum

7,5 ml (1½ t) droë tiemie

2,5 ml (½ t) rooi brandrissievlokkies

  1. Maak die mielies skoon. Kook hulle 8-10 min. in ’n pot kookwater. Dreineer en pak op kombuispapier. Maak goed droog.
  2. Verf met die gesmelte botter. Braai of rooster die mielies 10-12 min.
  3. Cajun-spesery Meng al die Cajun-bestanddele en strooi oor die mielies.
  4. Sit voor met gesmelte botter.

Jongste uitgawe

28 Oktober 2021

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees