Voorverhit die oond tot 200 °C en voer ’n bakplaat met bakpapier uit. 

  • Plaas al die groentes op die bereide bakplaat.
  • Meng die olyfolie en knoffel, giet oor die groentes en meng liggies.
  • Sprei in ’n egalige laag uit en geur met sout en peper. Bak 20 min. of tot liggies gerooster. Laat afkoel.
  • Sous: Plaas al die bestanddele in ’n mengbak of fles met ’n deksel. Klits of skud saam tot glad.
  • Skep die groente op ’n opdienbord en giet die sous oor net voor jy dit voorsit. Bestrooi met nog pietersielie en parme­saankaasskaafsels. 

WENK

Die sous kan tot 5 dae in die yskas gehou word. Vir ’n groter porsie: Voeg ander soorte groente ook by, soos bababeetjies, -mielies en -uitjies.