• Uie: Verhit die olie en botter in ’n groot pan en braai die uie 10 min. liggies. Sprinkel die suiker oor en braai tot gekaramelliseer. Geur met die sout. Hou eenkant.
  • Slaai: Klad die broccoli droog en drup die olie oor. Rooster die broccoli in ’n ysterpan tot liggies geskroei. (Jy kan ook die broccoli op ’n bakplaat onder die rooster­element van die oond skroei, indien verkies.) Drup die suurlemoensap oor en laat heeltemal afkoel.
  • Meng die appels en slaaiblare liggies in ’n groot bak. Pak die broccoli bo-op en sprinkel die neute en uie oor.
  • Slaaisous: Meng al die bestanddele goed en giet dit oor die slaai of sit dit saam met die slaai voor.