Kook die quinoa in ’n kastrol water tot sag. Dreineer en hou warm.

Verhit die olie in ’n groot braaipan oor matige hitte. Voeg die knoffel by en roerbraai tot liggies goudbruin. Skep met ’n gaatjieslepel uit en sit eenkant.

Braai die krulkoolnerwe in dieselfde pan; draai af en toe om. Voeg die aftreksel of water by en kook tot die ribbes sag is en die vloeistof verdamp het. Skep op ’n plat bord.

Feta-en-mosterdsous

Meng al die bestanddele in ’n bak. Voeg dit saam met die salot, kruisement, amandels en gebraaide knoffel by die quinoa en meng deur.

Vir voorsit

Sit die slaai voor saam met die “ribbes”, skep die krulkoolblare bo-­op en geur met die sout en peper.

VERSORG DEUR CARMEN NIEHAUS;  FOTO: JACQUES STANDER; RESEP: PIET MARAIS EN FRIK OOSTHUIZEN; KOSASSISTENTE: CARMEN PETERSEN, WALEED ALEXANDER EN ZOA WUSTROW