Voorverhit die oond tot 230 °C.

  • Verhit die olie in ’n pan of vlak kastrol. Braai die uie, tiemie en knoffel 5 min. Voeg die eiervrugte by en roerbraai nog 5 min.
  • Voeg die soetrissies en murgpampoentjies by en roer die tamatiepasta deur.
  • Voeg die gekapte tamaties by en laat die groente stadig 15 min. prut. Roer af en toe om te verhoed dat dit brand.
  • Geur met die suiker, suurlemoensap en -skil, sout en vars gemaalde peper. Roer die tamaties by en skep in ’n oondbak. Plaas in die oond en bak 15 min.
  • Vir voorsit: Sprinkel die vars basilie oor en sit voor saam met die baguette.
  • Dié ratatouille kan net so as ’n maaltyd geëet word of as bygereg saam met braaivleis.