Voorverhit die oond tot 200 °C.

  • Hol die botterskorsiehelftes uit en hou die pitte eenkant. Pak die helftes op ’n groot bakplaat met die velkant na onder. Drup die olyfolie oor en rooster 30 min. of tot die botterskorsie amper sag is.
  • Vulsel: Verhit intussen die olie in ’n diep pan en braai die ui en knoffel tot geurig. Voeg die maalvleis by en braai tot bruin.
  • Voeg die spinasie en suurlemoenskil by en meng deur. Roer die aftrekselbakkie en water by. Roerbraai tot die spinasie verwelk is en die sous verdik het. Geur met die peper.
  • Afronding: Skep die botterskorsiepitte op die bakplaat langs die botterskorsies. Geur die pitte met die sout en peper en drup dan die olie oor. 
  • Skep die vulsel in die holtes en bo-op die botterskorsies. Pak die mozzarella bo-op indien gebruik. Bak die botter-skorsies nog 10-15 min. of tot dit sag is, die kaas gesmelt het en die pitte bros is. Sprinkel die pitte bo-oor net voor jy dit voorsit.
Kom neem deel aan die gesprek

Volg Huisgenoot op InstagramTwitterFacebookWhatsApp en teken gerus in op ons nuusbriewe!