• Plaas die bone in ’n groot bak en sprinkel die koeksoda oor. Giet genoeg kookwater oor om dit te bedek. Week minstens 1 uur en dreineer. Spoel goed af.
  • Plaas die bone in ’n kastrol, bedek met water en kook tot sag. Dreineer en geur met die sout en peper.
  • Verhit die olie in ’n groot kastrol en roerbraai die uie, knoffel en sopseldery tot sag.
  • Voeg die wortels en patats by en meng goed deur. 
  • Voeg die speserye en tamatiepasta by en meng deur.
  • Voeg die bone, groenteaftreksel en helfte van die koljanderblare by en laat prut sowat 30 min. of tot geurig en tot die meeste van die vloeistof afgekook het.
  • Vir voorsit: Sit voor saam met lensierys, krummel- of mieliepap en stampmielies of amasi en sprinkel die orige koljanderblare oor.