• Verhit die olie in ’n groot kastrol oor matige hitte. Voeg die vinkelsaad en brandrissievlokkies by en braai ’n minuut. Voeg dan die ui, knoffel en sampioene by en roerbraai sowat 5 min. tot versag.
  • Voeg die hoenderaftreksel, water en tamaties by en geur met sout en peper. Bring tot kookpunt, verlaag die hitte en laat prut 10 min.
  • Voeg die gnocchi by en kook sowat 5 min. tot dit bo-op dryf. Skakel die hitte af, roer die spinasie in en geur soos nodig.
  • Sit die sop voor saam met parmesaankraak­beskuitjies.