• Maak die gnudi deur die eier, eiergele, ricotta, sout en peper, neutmuskaat en parmesaan te meng.
  • Vou die meel liggies by die mengsel in.
  • Rol balletjies met die mengsel en bedek dit dan met die mieliemeel. Ek beveel aan jy hou die gnudi oornag in die mieliemeel. Rol dit af en toe om te bedek. 
  • Bring ’n groot kastrol water tot kookpunt. Skep ’n paar gnudi op ’n slag in die kook­water en laat kook.
  • Laat dit oornag staan.
  • Wanneer die gnudi na die oppervlak dryf, is dit gereed om voor te sit. 
  • Vir voorsit: Sit die gnudi voor saam met romescosous, salie­botter of ’n bietjie vars pesto. Jy kan vars of flitsgebraaide salie byvoeg om dit mooi te laat lyk. 
Wenk
Gebruik ’n teelepel om ewe groot hopies van die kluitjiemengsel uit te skep. Dit rol dan maklik in ewe groot bolletjies.