Voorverhit die oond tot 200 °C. Hou ’n bakplaat byderhand.

  • Blomkool: Bedruip die blomkool met die olyf­olie en rangskik in ’n enkele laag op die bakplaat. Geur met die sout en rooster 15-20 min. of tot sag.
  • Hummus: Sit die kekerertjies, spinasie, kruie en knoffel in die bak van ’n voedselverwerker. Verwerk tot grofgekap.
  • Voeg die olyfolie by en verwerk tot glad. Voeg die avokado, suurlemoenskil en -sap by en verwerk tot ’n gladde mengsel. Geur met die sout na smaak.
  • Dukkah: Meng al die bestanddele.
  • Vir voorsit: Skep die hummus in vier bakkies. Skep die blomkool en ekstra spinasie bo-op. Bestrooi met die dukkah en sit voor saam met die roosterbrood.