• Bring ’n groot kastrol water tot kookpunt. Kry terselfdertyd ’n bak met yswater gereed.
  • Plaas die bone 1-2 min. in die kookwater tot dit heldergroen word en ’n bietjie versag. Skep uit en plaas dit dadelik in die yswater wat sal verseker dit bly mooi groen.
  • Smelt die botter in ’n pan tot dit net begin borrel en ’n dik skuim maak.
  • Soteer die bone 1 min. in die botter en sprinkel die spekboomblare oor. Roer deur en verwyder van die hitte.
  • Sit voor saam met die dukkah daaroor ge­sprinkel.
Dukkah

Lewer 750 ml (3 k)

Bereiding: 8 min.

Gaarmaak: 10 min.

Bestanddele

  • 125 ml (½ k) komynsade 
  • 125 ml (½ k) koljandersade 
  • 250 ml (1 k) wit sesamsade 
  • 250 ml (1 k) geroosterde haselneute, skilletjies afgevryf

Metode

  • Rooster die speserye en sesamsade in ’n droë pan tot geurig. Skud gereeld en pasop vir brand.
  • Laat afkoel, voeg die neute by en kap in ’n stamper met ’n vysel fyn. Bêre in ’n fles met styfpassende deksel.