Voorverhit die oond tot 180 °C. Bespuit 'n oond­vaste bak.

  • Pak die broccoli- en blomkoolblommetjies saam met die skorsies of murgpampoentjies en groenbone in die bak. 
  • Maak 'n vinaigrette deur die knoffel met die suurlemoensap en -skil en olyfolie te meng, en giet die helfte daarvan oor die groente.
  • Pak die broodstukke op 'n bakplaat en sprinkel 'n bietjie van die olyfoliemengsel oor.
  • Bak alles 20 min. of tot die groente net effens verbruin maar nog taamlik bros en die broodstukke bruin en bros is. 
  • Sprinkel die broodstukke oor die groente, rond af met die parmesaan en sit voor saam met die res van die vinaigrette.
Wenk
Dié gereg is lekker saam met gebraaide hoender.

Kom neem deel aan die gesprek
Volg Huisgenoot op InstagramTwitterFacebookWhatsApp en teken gerus in op ons nuusbriewe.