• Kerrie Verhit die olyf-olie in ’n pan en soteer die ui, knoffel en gemmer.
  • Voeg die speserye en brandrissie by en braai tot aromaties.
  • Voeg die botterskorsie en patat by en braai ?5 min. terwyl jy roer sodat dit alkante verbruin.
  • Voeg die groente­aftreksel by, bring tot kookpunt en stel dan die hitte laer.
  • Voeg die tamaties, wortels, kekerertjies, blomkool, murgpampoentjies en spinasie by en laat sowat 40 min. prut of tot die botter­skorsie en patat sag is. Geur met die sout en peper.

Tamatie-en-uiesambal

Meng die tamaties, rooi-ui en koljander in ’n bak. Rond af met die takkies vars koljander en sit die sambal voor saam met die kerrie.