• Laat kook die rys 15 min. saam met 'n bietjie sout in water volgens die aanwysings op die verpakking. Spoel onder koue water af en hou eenkant.
  • Verhit 'n bietjie olie in 'n kastrol en roerbraai die kardemom en komyn­saad effens. Voeg die ui en soetrissies by en roerbraai 2 min. Voeg die wortels by, verhit en roer die knoffel en gemmer by. Roer die sampioene by gevolg deur die blomkool en eiervrug. 
  • Voeg die borrie en masala by, geur met sout en meng deur. Giet 'n bietjie water by sodat dit nie aanbrand nie.
  • Sprinkel die ment, koljander en pietersielie oor en voeg die mosterd en komyn by. Verhit 'n paar minute, maar pasop vir oorgaar maak.
  • Voeg die rys en 125 ml (½ k) water by gevolg deur die kekerertjies. ­Bedek en laat stoom 20 min. oor hoë hitte. Verlaag die stoofplaat tot baie laag en laat stoom nog 20 min. 
  • Vir voorsit: Sit die groentebrijani voor saam met atjar, indien verkies.
  • Resep: Gadija Sydow Noordien en Fatima Sydow

Kom neem deel aan die gesprek
 Volg Huisgenoot op InstagramTwitterFacebookWhatsApp en teken gerus in op ons nuusbriewe.