Voorverhit die oond tot 200 °C. Smeer ’n groot bakplaat met olyfolie.

  • Eiervrug: Pak die eier-vrugsirkels in ’n enkellaag op die bakplaat. Drup die olie oor en geur met die sout en peper. Rooster 20 min. of tot die eier-vrug sag en gaar is.
  • Sous: Plaas al die bestanddele in ’n kastrolle-tjie en verhit tot die sous begin prut. Verlaag die hitte en laat 10 min. prut. Geur met die sout en peper na smaak.
  • Burger: Smeer die rolletjies met die botter en sny ’n sirkel uit in die bokant van elkeen.
  • Rooster die onderste helftes van die rolletjies in ’n pan tot bros. Skep uit en hou eenkant.
  • Verhit die olie in dieselfde pan oor baie lae hitte en pak die boonste helftes van die rolletjies daarin.
  • Breek ’n eier in die uitgesnyde sirkel van elke rolletjie, bedek en bak tot eiers gaar is soos verkies.
  • Skep van die sous op die onderkant van elke rolletjie. Verdeel die eiervrug tussen die rolletjies, stapel van die roketblare op en rond af met die eierbroodhelftes.
Kom neem deel aan die gesprek

Volg Huisgenoot op InstagramTwitterFacebookWhatsApp en teken gerus in op ons nuusbriewe.